Liné Barnard

HTS Middelburg

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok se kleur was grys/silver ombré, met fyn gedetalieerde kraletjies wat oor my bors area tot in met die helfde van my middel was. Vanaf my middel het daar los stukke grys cequence materiaal gehang, en my rok het met ń sagte vloei af tot op die grond gehang. My rug was met ń v-snit oop gewees wat dit moontlik gemaak het dat die helfde van my rug ten toon gestel word.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

HTS Middelburg

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Jy is wie Hy sê jy is: mooi genoeg, goed genoeg, die moeitewerd. Perfek gevorm in Sy hande. Die inspirasie van my rok kom al vanaf die begin van hoërskool, bygesê dat ek van kleintyd af ñ rok wou dra wat my spesiaal en sag sou laat voel en lyk. Dit was nie vir my belangrik om ń rok te kies wat te besig is nie, daarom het ek op die rok besluit wat nie teveel fokus punte het nie, maar verseker die "wow" faktor het, dit was mooi genoeg, goed genoeg en verseker die moeitewerd.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die MOOISTE deel van my rok was die selfvertroue wat dit my gegee het. Ek het baie van my oop rug gehou, maar my GUNSTELING deel van my rom was verseker die sagte vloei wat my rok gehad het, dit het my soos ń feëprinses laat voel. My rok het die effek van sagheid en egaligheid geskep.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-29

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media