Lilo van der Westhuizen

Helpmekaar Kollege

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Hierdie sagte pienk rok van rekbare crêpe wat ek op besluit het as my droomrok, kan beskryf word as ‘n eenvoudige silhouette met uitgesnyde aksente. Hierdie uitgesnyde aksente is veral nou in die mode om ‘n tikkie gesofistikeerdheid, ywerigheid en aanloklikheid by die uitrusting te voeg, dit maak die eenvoudige rok baie interessant en sagter op die oog. Die eenvoudigheid van my rok word ook gekomplimenteer deur die sleep wat dit ‘n gesofistikeerde element vir ‘n formele aandrok gee.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Helpmekaar Kollege

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

"Jy kies nie 'n rok nie, 'n rok kies jou" was nog altyd vir my ‘n belangrike gedagte in die besluit om ‘n gepaste rok vir ‘n geleentheid te kies. Dit beteken vir my dat die perfekte rok nie net oor persoonlike voorkeur of styl gaan nie, maar ook oor hoe goed die rok jou liggaamsvorm, persoonlikheid en die geleentheid waarvoor jy dit soek pas. Dit beteken dat die regte keuse soms duidelik word wanneer jy 'n rok sien wat op 'n dieper vlak by jou emosies aanklank vind. Vir my is dit ‘n emosionele ervaring waar ‘n mens onverwags verlief raak op 'n rok, wat jy dalk nie gekies het op grond van jou aanvanklike kriteria nie. Dit is asof die rok met jou praat, wat jou persoonlikheid, styl en die beeld wat jy wil uitstraal weerspieël. Dit is presies hoe ek oor diè rok van ontwerper Milla Nova (NY) gevoel het!

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my rok was definitief die eenvoudigheid, die simplistiese silhouette en die feit dat dit nie so oorweldigend was vir my persoonlikheid nie, dit het presies by my gepas! “Less is more” was waarvoor ek gemik het, en dit is presies die minimalistiese styl en gevoel wat ek gesoek het. Die rok was gemaklik om te dra die hele aand, en ek kon lekker dans in die rok. Hierdie rok was nie te ingewikkeld of spoggerig nie, en het my selfversekerd en gemaklik in my eie vel laat voel.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-30

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media