Lilian Heyl

Afrikaans Hoër Meisieskool Pretoria

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Vanaf gr9 kyk ek al na ander meisies se rokke, alhoewel ek vele mooi rokke gesien het, het ek met tyd besef dat ek iets anders soek. Alhoewel Pinterest n groot rol gespeel het in my besluitneming het ek die inisiatief geneem om my eie rok te probeer ontwerp. Die eindproduk was wel die ontwerper se idea, maar ek hou daarvan om te dink ekt n groot rol gespeel om my eie rok te ontwerp. Ek weet 90% van die tyd vergeet die mense wat na al die dogters se rokke kom kyk het alles wat hulle sopas gesien het, my hoof doel met my rok was om die een rok te wees wat die meeste van die mense onthou.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Die klas van 2023 in Meisies Hoër se graad 8 tema was “fonkies na n vuurwerk” waar jy as n gr 8 begin as n fonkie en groei na n vuurwerk in matriek, dit het beslis my rok inspireer. Die top van my rok is so ontwerp dat dit lyk asof “flamme” van my skouer af afloop tot in my broekie by die teenoorgestelde been. Ek wou n rok he wat nie “overboard” is nie maar wat mense se koppe laat draai, ek wou uitstaan op n elegante en grasieuse manier. Ek wou my prinses oomblik beleef maar steeds soos n stylvolle jong dame lyk, en ek dink ekt dit bereik.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Sonder twyfel die “flamme” wat van my skouer af afloop tot by my been, maar op dieselfde tyd hoe MY rok my persoonlikheid ten volle laat uitstraal het.

Datum van matriekafskeid?

2023-10-14

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media