Lila Blanckenberg

Hoërskool Bellville

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek wou graag 'n gemaklike rok hê, maar ook iets unieks en 'n rok wat by my persoonlikheid en liggaamsbou sal pas. Dit is die dag waaroor mens tog so lank droom en ek wou sprankel. Ek is so dankbaar aan Lindi van Lindi Gous Bridal and Evening wear dat sy my droomrok vir my gemaak het.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja te Eureka Estate

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het vir lank na rokke op die internet gesoek en baie idees gekry van ander rokke. Ek het die beste dele van rokke wat my oog gevang het geneem en dit gekombineer om my eie droomrok te kry.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Ek is mal oor die lae rug sowel as die vleiende pailette materiaal.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-30

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media