Lihane Roos

KHS

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok was heeltemal oorspronklik, na baie aande wat ek tot laat op Pinterest was opsoek na die perfekte rok het ek eerder besluit om my eie idee te volg. My rok is elegant en klasiek met blinkers wat gedans het as die lig op dit val. Ek was opsoek na n rok wat my persoonlikheid en menswees beklemtoon en dit was presies wat ek ontvang het!

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het my kop gevolg en self my rok by mekaar gesit volgens n klomp idee’s wat ek gehad het. Die hoofdoel was ek wou soos n prinses lyk en voel en my ontwerper het dit perfek uitgevoer.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My hele rok was perfek gewees maar wat vir my uitgestaan het was die blinkers oor my hele rok, die lang sleep en ook hoe die rok myself en my persoonlikheid uitgebeeld het

Datum van matriekafskeid?

2023-10-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media