Liezl Young

Hoërskool Delmas

Tuisdorp

Delmas

Skool

Hoërskool Delmas

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Zani Kruger van Get dressed Studio.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek wou graag uit my gemaksone uitklim en vir iets dramaties maar steeds klassiek gaan. In my matriekjaar het ons baie oor William Shakespeare geleer en sy boeke gelees, sy dramatiese storie style het my geïnspireer om daardie era te moderniseer.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Die begin van n nuwe hoofstuk in my lewe waar ek nou van kind na volwasse streef. My matriekafskeidrok was vir my soos n trofee vir al die jare se hard werk. Toe ek die rok aantrek, het ek eers besef hoe baie ek gegroei het, van n onsekere jong meisie na iemand wat selfvertroue het en trots is op wie sy is.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die hoogtepunt was die oomblik toe ek by die saal ingestap het en almal my transformasie gesien het. Dit was n gevoel van trots en opgewondenheid. Alles het perfek saam gekom , die ligte , die musiek en al die glimlagte van my vriende. Ek het vir n oomblik besef dat hierdie aand die afsluiting van n groot hoofstuk in my lewe is , maar ook die begin van iets nuuts.

Planne vir na matriek

Ek gaan volgende jaar vêrder studeer in argitektuur en ontwerp om n goeie toekoms vir myself en my gemeenskap te bou.

Gunsteling woord in Afrikaans

Knormoer

Datum van matriekafskeid

2025-10-17

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media