Liela Filippi

Hoërskool Stellenberg

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My ma het die materiaal om my gehou en ons het begin speel. Die ontwerp het so ontwikkel. My ma het die rok met die hand gemaak, my hare gedoen en ek het self my grimering gedoen. Die pêrels in my hare kom uit my oumagrootjie se krale boks wat ek knippies van gemaak het.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Stellenberg

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het die dag toe ons lap gaan soek het besluit om geen idee vooraf te hê nie en oop te wees vir enige iets wat uitspring. Dié materiaal het definitief uitgespring. Die fluweel spreek rykheid en kleur en die eenvoudige ontwerp het die materiaal tot sy reg laat kom.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die rok het my soos ‘n handskoen gepas. Die beweging en verandering van kleur van die materiaal staan uit.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media