Lichay Du Preez

Lichay Du Preez Lichay Du Preez Lichay Du Preez

Ouderdom

18 jaar

Tuisdorp

Upington

Skool en dorp/stad van skool

Hoërskool Upington, Upington

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het altyd geweet dat ek ’n matriekafskeidrok wou hê wat anders as die gewone rokke is. Ek het gedroom van ’n sprokiesrok met sagte blou skakerings, sprankel en mooi lae. Ek wou hê my rok moes elegant wees, maar steeds uniek en uitstaan.

Blou was ook ’n belangrike deel van my inspirasie, omdat dit my oorlede oupa se gunstelingkleur was. Deur hierdie kleur deel van my rok te maak, kon ek hom op ’n spesiale manier onthou en deel van hierdie belangrike dag in my lewe maak. Ek wou hê my rok moes nie net mooi wees nie, maar ook ’n spesiale betekenis hê en iets van myself vertel.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media