Liané Steyl

Paarl Girls High

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het Stanley Baptiste in Bloemfontein gevra om my rok te maak. Ek het vir hom 'n foto van my ma se trourok gewys en hom gevra om die idee aan te pas om my droomrok te skep. Stanley is bekend vir sy klassieke styl rokke met besonderse detail. Hy het 'n jare lange vriendskap met my ma en ek sou niemand anders wou kies nie. Ek het geweet hy sal die mooiste rok wat spesiaal pas by my persoonlikheid maak vir my.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Paarl Girls High

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Die inspirasie vir my rok was my ma se trourok. Ek het verlief geraak op die neklyn en korsetgedeelte, omdat dit so mooi was. Dit was moeilik om die regte kleur te vind, maar ons het nie opgegee totdat ons die perfekte lap gekry het nie. Toe die lap se kleur sien het ek dadelik geweet dit is die kleur v my drome. Ek het gekies om kristalle, perels en steentjies by te voeg, omdat dit my 'n "Princess/Cinderella" gevoel gegee het.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die ervaring van die rok dra was so betowerend. Die fyn detail op die lap, wat met die hand opgewerk is, was ongelooflik mooi. Die skitterende kristalle en perels het my die gevoel gegee van 'n ware prinses, soos uit 'n sprokie. Foto's kan nooit die werklike impak en hoe die rok in die lig leef, weergee nie.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-27

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media