Lia Myburgh
Ouderdom
18
Tuisdorp
Bloemfontein
Skool en dorp/stad van skool
Hoërskool Sentraal , Bloemfontein
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek het nog altyd van Riaan Benade se liedjie, “Rooiroknooi”, gehou, en ek het geweet hierdie sou my geleentheid wees om my eie rooiroknooi-oomblik te hê—dus was die kleur eens en vir altyd besluit. Die styl het ek verlede jaar (juis op die Sarie-webtuiste) raakgesien, en ek het dadelik geweet dat my besluit gemaak is.
