Leone Mostert

Leone Mostert Leone Mostert Leone Mostert

Ouderdom

18 jaar

Tuisdorp

Pretoria

Skool en dorp/stad van skool

Die Hoërskool Wonderboom Pretoria

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My inspirasie vir my matriekafskeidrok het begin toe ek in graad 8 was. Daardie jaar het die hoofmeisie ’n rok gedra waarin sy vir my ongelooflik mooi gelyk het. Ek het dadelik geweet dat ek eendag ook ’n rok met daardie besondere gevoel en elegansie wil hê. Deur die jare het ek my eie idees en persoonlike styl bygevoeg, sodat die finale ontwerp my eie unieke droom kon weerspieël. Alhoewel my rok ’n ander kleur het, het die oorspronklike inspirasie steeds ’n spesiale plek in my hart. Vandag is daardie hoofmeisie ’n pragtige, volwasse vrou wat my deur die jare baie geleer en geïnspireer het. Dit maak my rok vir my soveel meer besonders, want dit vertel nie net die storie van ’n droom wat waar geword het nie, maar ook van iemand wat ’n blywende indruk op my lewe gemaak het.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media