Lenthe Marè

Lenthe Marè Lenthe Marè Lenthe Marè

Ouderdom

18

Tuisdorp

Randfontein

Skool en dorp/stad van skool

Hoërskool Noordheuwel Krugersdorp

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Die inspirasie agter my rok lê in die idee van Lente- ń seisoen van nuwe lewe, groei en nuwe moontlikhede. Omdat my naam Lenthe soos “Lente” uitgespreek word wou ek graag hê dat my rok iets persoonlik van myself moes weerspieël. Die sagte geel kleur verteenwoordig vir my sonskyn en vreugde terwyl die 3D blommetjies op die bostuk die idee van blom en groei uitbeeld. Dit het vir my besonderse betekenis aangesien my matriekjaar die afsluiting van een belangrike hoofstuk in my lewe is en ook die begin van ń nuwe een. Die rok weerspieël my persoonlikheid en die betekenis agter my naam.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media