Lene Muller

Hoër Meisieskool Paarl

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Geel was nog altyd my gunsteling kleur. Ek wou die lewendige kleur op ‘n stylvolle en elegante manier in my matriekafskeid rok inkorporeer. Ek het my Pinterest-boards behoorlik gevul met moontlike idees, maar toe my ma en sussie my gehelp het om die finale prentjie te ontwerp, was dit alles waarvan ek gedroom het. Die idee het vir lank by my gebly en my droom geelrok is in ‘n werklikheid omskep deur NZ Studio.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoër Meisieskool Paarl

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Natasha Joubert se rok het my aandag behoorlik getrek en as inspirasie gedien vir my rok. Die geplooide tulle moue was my eie “touch” wat die rok sy uniekheid gegee het en so het ek my persoonlike stempel op die rok afgedruk.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die aparte geel moue was beslis my gunsteling deel van die rok, asook die fyn belyning op die korset-gedeelte.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-27

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media