Lené Jacobs

Hoërskool Jim Fouché

Tuisdorp

Bloemfontein

Skool

Hoërskool Jim Fouché

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

My matriekafskeidrok is ontwerp deur Elizmarie Heathcote (El Heathcote)

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

My inspirasie vir my rok was om iets te dra wat ware elegansie en sagtheid uitstraal. Ek wou ń rok hê wat vroulik en uniek is, maar steeds ń sagte dromerige gevoel het. Dit het die vloeiende materiaal en blomdetails geïnspireër. Ek wou iets hê wat natuurlik pragtig en tydloos is, maar nogsteeds ń opvallende indruk maak en dit is presies wat my rok gedoen het.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My matriekafskeidrok is vir my meer as net ń rok… Dit is ń simbool van wie ek geword het. Deur my hoërskooljare het ek gegroei en geblom, net soos die blomme wat my rok versier. Wanneer ek hierdie rok dra, voel ek trots, dankbaar en mooi van binne en buite. My rok vertel die storie van my groei en van nuwe beginne. Dit vul my hart met nederigheid en dankbaarheid vir die pad wat ek gestap het en die opwindende toekoms wat voorlê.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die hoogtepunt van my matriekafskeid was beslis die oomblikke wat ek saam my vriende kon deel. Om almal so vrolik, opgewonde, pragtig en vol energie te sien, het die aand werklik besonders gemaak. Ek het dit ongelooflik baie geniet om saam met almal te dans, te lag en herinneringe te skep wat ek vir altyd sal koester. Daardie gevoel van vreugde was vir my die mooiste deel van die aand.

Planne vir na matriek

Na matriek gaan ek by die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom gaan studeer, waar ek Regte met Sielkunde gaan neem. Ek het ń groot passie vir mense en hoe die brein werk, en daarom is my uiteindelike droom om ń neuropsigoloog te word. Ek wil graag op ń betekenisvolle manier ń verskil in ander se lewens maak.

Datum van matriekafskeid

2025-10-10

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media