Le’Jaun Kantor

Hoër Tegnologiese Skool John Vorster

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Smaraggroen is my gunsteling kleur. Dit was dus geen verrassing dat my matriekafskeid rok groen sou wees nie. Die patroon in die materiaal ingeweef moes detail verleen aan die rok eerder as die ontwerp self. My rok moes my konserwatiewe waardes weerspieël en moes nie onthullend of noupassend wees nie maar moes tog my figuur vlei. Toe ek op 'n sosiale media plasing soortgelyk aan die idee wat ek gehad het afkom, het ek geweet "dit is die een".

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My inspirasie was 'n kombinasie van kuisheid, onskuld, treffende eenvoud, outydse nostalgie en die sprokiesgevoel wat ek wou skep. Ek wou myself ook nie te ernstig opneem nie en wou verseker dat die rok prettig en uniek is. My rok het daarin geslaag om al hierdie elemente saam te bind.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die detail in die materiaal, die uitskopromp en die unieke mouafwerking.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media