Leigh Willemse

Hoërskool Overkruin

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Dis 'n oud-modiese rok met 'n oop rug korset wat toe ruig, moue wat op die skouers, of oor die bo-arm kan drapeer. Die rok het 'n effens gewaagde 'slit' aan die regterkant met 'n klein oop gedeelte waar die korset en die romp bymekaar kom om die illusie te skep dat die lap bloot om my heupe geknoop is. Hier het oud en modern vir my ontmoet. Die een era waarin ek met my voete staan en die ander een in die sprokies van ouds.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Overkruin

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Vandat ek kan onthou het ek 'n obsessie met die outydse rokke se elegante styl. Ek wou nog altyd so bietjie terug val in tyd, met hulle sprokie mooi balrokke. Al het ek absoluut my eie stempel afgedruk, het hierdie rok dit vir my 'n realiteit gemaak.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Daar is so baie dele van die rok, dit is moeilik om 'n gunstelig te noem, omdat geen deel sonder die ander sal werk nie. Hierdie hele rok was my gunsteling, van die moue tot die oop-rug korset en die romp wat so mooi afgerond is met 'n sleep. Ek voel my keuse van lap kon nie beter wees nie omdat dit my vel so mooi gekomplimenteer het en uitgetstaan het as gevolg van die uniekheid daarvan.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media