Leanne van Tonder

Die Brandwag Hoërskool (Uitenhage)

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek wou graag `n rok gehad het wat vloei en wat lyk asof dit uit `n sprokie kom. Ek wou glad nie `n stywe rok gehad het nie en dus het ek besluit op `n meer "ballgown" styl. Ek was mal oor die blou, deurskynende lap wat bo-oor die blink, silwer lap kom, en ek voel dat dit `n mooi sagte beeld skep.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Die Brandwag Hoërskool (Uitenhage)

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het `n paar idees van Pinterest bymekaar gesit om `n nuwe ontwerp te skep. Ek het van dag een af van blink materiaal gehou en die rok was deur daardie stuk lap geïnspereer.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die silwer, blink bo-kant was definitief my gunsteling! Ek is mal oor hoe die bo-stuk na die blou lap toe vloei. Ek is mal oor hoe die rok saam wapper wanneer ek loop en ek het werklik soos `n prinses gevoel. Ek het baie opmerkings gekry dat ek soos die Disney prinses, Elsa van Frozen, gelyk het.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-27

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media