Leanka Botha

Hoërskool Montana

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok is ontwerp en gemaak deur Wilma du Plessis. Die materiaal en ontwerp is 'n unieke uitbeelding van my persoonlikheid en van wie ek is. Ons het verskeie idees gekombineer om 'n rok te skep wat my hoogste verwagtinge heeltemal oortref het. Ek wou gemaklik tog elegant lyk en daarom het ons besluit op 'n een-stuk waar die romp kon afknip.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Montana

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het geweet my rok moet goudkleurig wees omdat dit my velkleur en hare komplimenteer. Die oomblik toe ek die materiaal sien het ek geweet dit is presies wat ek wil hê. Die materiaal het 'n kombinasie van goud, roos-goud en silver steentjies wat lewe aan die materiaal gee. Ons het die materiaal en die patroon daarvan gebruik om ons te lei na die perfekte ontwerp.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die hele rok in geheel het my asem totaal weggeslaan en ek voel dat die hele prentjie stylvol en elegant vertoon het...presies wat ek ingedagte gehad het.

Datum van matriekafskeid?

2023-10-14

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media