Leané van Heusden

Hoërskool Kempton Park

Tuisdorp

Kempton Park

Skool

Hoërskool Kempton Park

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Izelle Otto Couture in Glen Marais in Kempton Park

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

My inspirasie van my rok was om n unieke tipe styl te kies wat nie soortgelyk was aan die prinses style van rokke wat meer gewild was laas jaar en hierdie jaar nie. Ek het gedink om beide kort en lank te kombineer in my rok, wat my die beste van beide werelde bied:)

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My rok het vir my beteken om selfversekered en selfvoldaan te wees. Dit beeld my borrelende persoonlikheid en my liefde vir blink goed......kon net sowel n kraai gewees het, ha,ha:)

Hoogtepunt van die matriekafskeid

My hoogtepunt was natuurlik die fotografie gedeelte, siende dat ek graag daarvan hou om voor n lens te staan. Natuurlik was my grimering ook n hoogtepunt. Dit het my hele voorkoms bymekaar gebring:) Die funksie was pragtig en sowel as om al my beste vriendinne se rokke te sien, waaraan hulle ook maande aan gewerk het wat hulle uniekheid uitgebeeld het.

Planne vir na matriek

Ek is huidiglik ingeskryf by Isa Carstens in Pretoria Lynwood. Ek gaan my 3 jaar Somatologie diploma studeer en my 4 de jaar voltooi in "Dermal Aesthetics"

Gunsteling woord in Afrikaans

Sjoe :)

Datum van matriekafskeid

2025-10-10

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media