Leané Rossouw

Hoërskool Hennenman

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok is sag en vroulik met 'n tikkie prinses. Die wit verteenwoordig die onskuld van 'n jong meisie en die blou in die rok verteenwoordig balans en eerlikheid. Die blomme en kant op my rok het my laat dink aan die gesegde wat sê "dat iemand wat blomme plant glo in môre", en wat is meer gepas as om te weet dat alhoewel my skoolloopbaan nou verby is daar 'n wonderlike nuwe toekoms op my wag.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Hennenman

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het altyd geweet my rok moes sag en vroulik wees, maar toe my metsgesel vra of ek sy "Cinderella" sal wees by die matriekafskeid moes daar prinses ook saam met die sag en vroulik wees. Tannie Madria wat my rok gemaak het, verstaan my hart (en baie prentjies) en sy het vir my die allermooiste kant gekry wat toe die inspirasie vir die res van my rok geword het.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My heel gunsteling deel is die kant met die blommetjies wat uitstaan op my rok en daaraan dimensie en karakter gee, o en ek is verlief op die oop rug.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media