Leane Bodenstein

HTS Middelburg

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok is n A-lyn snit met n slit aan die regter kant van die rok. My rok is navy blou kleur met blinkertjies wat in die skemer lig glans met n inryg-rug. My eerste idee van my matriekafskeidrok was n baie ligte blou met dun skouer bandjies. Ek het toe besluit om rokke aan te pas en meer idees te kry ,maar toe ek die rok aanpas toe weet ek, ek hoef nie verder te soek nie want ek het nou die regte matriekafskeid rok gevind en hy het baie mooier as die ander rokke gesit en my baie gemaklik laat vol

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja,HTS Middelburg

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My inspirasie vir my rok is definitief die blinkertjies op my rok wat hom laat glans en my agter kant van my rok wat my soos n prinses laat voel as in ingeryg word. Wat my ook inspireer van my rok is dat hy by my persoonlikheid pas en as ek draai dan draai hy ook soos n ballerina se rok

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my rok was die blinkertjies omdat ek nog altyd n rok wou dra wat blink en dis hoekom hy my hart gesteel het is omdat hy van bo na onder blink en van voor na agter as mens na hom kyk lyk hy soos die stere in die hemel in die aand

Datum van matriekafskeid?

2023-09-29

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media