Leah Landman
Hoërskool Framesby
Ouderdom
18
Skool
Hoërskool Framesby
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Die rok bestaan uit drie soorte materiale, naamlik satyn, kant en gaas. Die romp van die rok is van satyn met ’n snytjie aan die linkerkant van die been, en dit het ook sakke aan albei kante. Die bo kant van die rok is ’n mengsel van kant en gaas. Die voorkant het ’n V-vormige sny, en dieselfde geld vir die rug. Die bandjies aan die rug van die rok is ontwerp om ’n dieper V-vormige lyn te skep. Die gaas word as basis vir die kant gebruik sodat ’n unieke patroon met die kant gemaak kan word. Die kleur van die rok was die eerste besluit wat ek geneem het toe dit by die ontwerp van my rok gekom het, en dit is omdat ek wou gehad het dat die kleur 'n uitdrukking moes wees asook dat mense dit moes onthou.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
My inspirasie vir my rok was nie iemand of iets nie maar 'n wil. Die wil om 'n gevoel van selfvertroue te hê asook die wil om gemaklik te voel in jou eie liggaam . Nie om wegtekruip agter die norm nie maar uit te staan tussen die skare. Dit is hoekom ek oranje gekies het sodat ek kon uitstaan. Asook die wil om iets uniek en anders te ontwerp en iets my eie te maak.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My gunsteling deel van my matriekafskeidrok was beslis die kleur van my rok. Die orange staan uit in 'n skare en maak sodat jy nie kan wegkruip al sou jy wil nie. Die kleur van 'n mens se oog vinnig op en gee 'n warm, helder gloed af.
Datum van matriekafskeid
2025-10-11