Lea Theron

Hoërskool Waterkloof

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Dit was nie so maklik om n matriekafskeid rok te kies nie maar toe ek myne vir die eerste keer aangepas het was dit n droom wat waar geword het . My rok het n V-nek halslyn net n korset bokant waar daar blommetjie patrone oral oor die hele bokant vloei. Die onderkant van my rok was n prinses snit met n slit .Daar het ook blommetjie patrone afgevloei wat net die rok bymekaar getrek het . Die kleur was n donker navy blou wat my vel so mooi n komplimeteer het.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja,Hoërskool Waterkloof

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het al van graad 8 af gedroom hoe my matriekafskeid rok sou lyk . Ek weet ek was nie die enigste een wat op YouTube die get readys with me gekyk het en kon nie wag vir die tyd wanneer dit my beurt sou wees nie . Wanneer ek my rok moes kies en ontwerp het daai tye deur my kop gespeel. Die meisies wat die mooi prinses rokke gedra het met die verskillende kleure en snite , ek wou net soos hulle lyk. Die eerste keer toe ek my rok aangepas het , het ek nog nooit so beeldskoon gevoel nie . Dit was alles waarvan ek gedroom het en nog meer . My klein self sal trots op my wees vir die rok wat ek ontwerp het .

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Dis so moeilik om een ding te kan kies maar as ek nou regtig kan se is dit. Die bokant van my rok . Daar was soveel klein goed wat in die bookant ingegaan het soos die blommetjie patrone die materiale wat gebruik was. Die agterkant van my rok was net meer as wat ek nog ooit sou dink. Die lace ,die blommetjie ,hoe dit vasgemaak was. Dit het net regtig soos n prinses rok gevoel . Die lengte van my rok wat ook net so mooi hoe die agterkant so mooi gevloei het terwyl ek loop en hoe dit net natuurlik geval het . Sal niks van my rok ooit verander nie .

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media