Lauren Saaiman

Hoerskool Montana ( Pretoria)

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok is ontwerp en gemaak deur Wilma du Plessis. Ek het die geel kleur gekies, omdat ek dink dit weerspieel my lewenslustigheid, en positiewe geaardheid en lewensuitkyk. Ek dink ook die geel kleur komplimenteer my velkleur baie goed.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja. 14 Oktober by Colosseum Realle

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek is 'n rabbedoe, en kon myself nie sien in 'n tradisionele, formele aandrok nie. Toe Wilma vir my die kortbroek en korset ontwerp voorstel, het ek dadelik geweet dit is wie ek is, en dit is wat ek wil he. Ek wou steeds vroulik, elegant en sjiek gelyk het, en daarom die pragtige sleep wat kan losmaak, en die sjarmante goue kant op die broekie en die korset. Die geel kleur is absoluut ek. Vandat ek kan onthou, het ek gese dat ek eendag my matriekafskeidrok 'n geel kleur wil he. Dit straal my borrelende geaardheid uit, en weerspieel absoluut alles waarvoor ek staan in die lewe; positiwiteit, lewenslus en vriendelikheid.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die gunsteling deel was beslis my pragtige korset en broekie, wat soos 'n "catsuit" is. Die stylvolle goue kant het beslis die uitrusting afgerond en 'n elegansie daaraan verleen. Die korset kon ook op verskillende maniere gedra word. Ek kon dit met of sonder bandjies dra, en ek het ook moutjies van kant gehad wat ek kon afhaal..

Datum van matriekafskeid?

2023-10-14

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media