Larissa Marais

Klerksdorp Hoërskool

Tuisdorp

Klerksdorp

Skool

Klerksdorp Hoërskool

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Le Roux Couture

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek wou hê my rok moes vertel van wie ek is ’n meisie met ’n sagte hart n liefde vir die natuur en diere. Die inspirasie was daardie rustige skoonheid wat jy in die veld kry — eenvoudig, maar tog asemrowend. Ek het iets gesoek wat my natuurlike styl kombineer met ’n tikkie sprokie, want elke meisie verdien haar prinsesoomblik.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Hierdie rok is nie net materiaal en krale nie dis ’n herinnering. Dit dra die gevoel van daardie aand toe ek opreg mooi gevoel het. Dit wys my sagte, dromerige persoonlikheid en herinner my dat ek, al hou ek van gemak en eenvoud, steeds glans kan hê.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die hoogtepunt was nie net die aand self nie, maar daardie oomblik toe ek besef: hier is ek, klaar met skool, gereed vir my eie storie. Die glimlagte, die lag, die dans, die kamera-flitse dit alles het soos ’n droom gevoel wat ek vir altyd sal koester!

Planne vir na matriek

Na matriek beplan ek om sonografie te studeer want vir my is dit waar hart en doel bymekaar kom.

Gunsteling woord in Afrikaans

Leef

Datum van matriekafskeid

2025-10-01

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media