Larissa Klopper

Hoërskool Monument

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het vir lank nie regtig geweet watter kleur my rok moet wees nie en was bietjie oorweldig met al die besluite wat saam met die maak van ʼn rok kom, maar die oomblik toe ons in die lapwinkel instap het ek reguit na die blou lappe toe gestap en net geweet my rok moet blou wees. Daarna het alles half net in plek geval. Ek was mal oor die vloeiende lyne op die lap en Tannie Natasha het net geweet hoe om alles perfek bymekaar te sit , my moue het alles mooi afgerond en die prentjie voltooi.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Monument

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek is nie baie goed wanneer dit kom by besluite neem nie , maar die een ding waarvan ek seker was, is dat ek baie graag wou hê my rok moes tydloos en stylvol wees. Ek wil graag oor 10 jaar kan terugkyk en nogsteeds so mal wees oor my rok soos wat ek tans is , en ek dink Tannie Natasha het dit reggekry.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my rok is definitief my moue. Ek en mamma het heeltyd gespot en dit my vlerkies genoem. Ek het eintlik op een punt gewik en weeg of ek dit moet bysit maar op die ou einde dink ek dit het my rok so mooi afgerond. My vriendin het vir my gesê dit lyk “Majestic” en ek moet sê dis hoe ek daarin gevoel het.

Datum van matriekafskeid?

2023-10-05

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media