Larice Viljoen
Hoerskool Standerton
Tuisdorp
Standerton
Skool
Hoerskool Standerton
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Ek het my rok aanlyn gekoop en toe is ons reguit na Tannie Annemarie toe om my te help om die rok myne te maak. Dankie, Tannie!
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Ek is 'n plein plaasmeisie. Ek het geen pretensie, geen fieterjasies nie en my voete is meestal kaal - gegrond in Moeder Aarde se ritme. Ek wou 'n rok gehad het waarin ek kan asemhaal, beweeg en dans, sonder om te voel dat ek myself inperk. Die sagte olyfgroen kleur en vloeiende materiaal laat my voel soos EK - natuurlik, gemaklik en vry.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Hierdie rok is vir my meer as net mooi materiaal - dis 'n weerspieeling van wie ek is. Dit herinner my daaraan dat ek nie hoef te verander om in te pas nie. Ek kan eenvoudig wees, opreg en steeds straal. My matriekafskeidrok simboliseer groei, gronding en die vaste vertroue dat ek my eie pad mag stap.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Ek het as Gr. 7 dogtertjie vir my ouers gevra of ek eendag saam met my tweeling boetie by Val (historiese dorpie) kan foto's neem wanneer ons matriekafskeid aanbreek. Dit was heerlik om die trein te klim, op die treinspore te loop, die historiese punte te besoek, dit alles terwyl ons kiekies neem en 'n picture-perfect dag gehad het!
Planne vir na matriek
Ek het nog altyd geroep gevoel om in 'n beroep te staan waar ek mense kan oplig om die beste weergawe van hulself te wees. Ek het aansoek gedoen by verskeie universiteite en sal geduldig moet wag om te sien wat die toekoms vir my inhou.
Gunsteling woord in Afrikaans
Gatlakei
Datum van matriekafskeid
2025-10-18