Lara-Nika Praetorius

Windhoek Afrikaanse Privaatskool

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Die materiaal van my rok was die briljante idee en drukwerk van my ma se vriendin Wilinda Hanekom en haar span by SWIER. Ek het baie van haar voorstel van die pienk, rooi en wynrooi rose gehou. Dit het perfek gepas by die prentjie wat ek in gedagte gehad het asook by my vriend Andries se pak. Swier het vir hom ‘n bypassende das gemaak!

Thamia Hougaard van Windhoek het presies verstaan wat by my geaardheid sou pas, waarvan ek hou en wat ek wou hê. Sy het die rok ontwerp, gemaak en… Voilà!

Ek het BAIE mooi, sag, vroulik en 17 gevoel in my rok!

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media