Lara Loubser
Hoërskool Paarl Gimnasium
Tuisdorp
Durbanville (CPT)
Skool
Hoërskool Paarl Gimnasium
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Emilia, n ongelooflike talentvolle tannie- ek het met slegs 2 foto's na haar gegaan en sy het sonder twyfel die rok ontwerp en gemaak soos ek dit wou gehad het.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Ek wou iets 'anders' gehad het wat by my persoonlikheid pas. Ek het gehou van die valle op een ontwerp wat ek al erens laas jaar gesien het en gedink dit sal mooi lyk vir matriekafskeid.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Ek het eers later besef dat my matriek afskied rok n mengsel is van vorige dinee rokke wat ek al by die skool vir koshuis danse gedra het met geleenthede- dit was nogals spesiaal vir my.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Beslis die Kos, mooi maak, om lekker te dans en te kuier saam met jou vriende.
Planne vir na matriek
Ek gaan volgende jaar by die ontwerp skool Fedisa in Kaapstad studeer. Ek gaan bachelor of arts in applied fashion retail graad swot.
Gunsteling woord in Afrikaans
Letterlik
Datum van matriekafskeid
2025-10-03