Lara Beukes

Hoër Meisieskool Bloemhof Stellenbosch

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Lara het ʼn prentjie gehad van haar ideale rok en nadat ons nie die regte materiaal vir dié rok kon vind nie, het ons besluit dat ek en haar pa ʼn dag of twee van ons oorseese vakansie sou afstaan. Gewapen met Lara se mates, fotos en ʼn maatband en na ʼn intensiewe soektog, het ons haar rok gevind! Amper identies in kleur en styl as haar inspirasie foto! Die rok is deur Atelier Emé gemaak. Sy was super opgewonde en kon nie wag dat ons haar rok moes huis toe bring nie. Haar rok was stylvol, besonders en treffend. Dit het haar boon-op soos ʼn handskoen gepas! Die bostuk was handgedrapeer. Die romp saamgestel uit klein wiele van byna gewiglose tulle. Als met ʼn satyn voering.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoër Meisieskool Bloemhof Stellenbosch

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Lara se rok het al die elemente bevat waarop sy voor die tyd besluit het. Dit het haar styl en persoonlikheid so goed weerspieël! Vroulik, elegant, besonders - dog vrolik en jonk. Sy het gesprankel en was absoluut mal oor haar rok. Dit was eenvoudig 100% sý.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Lara sê haar gunsteling deel van haar rok was dat dit in haar gunsteling kleur was, dit was supergemaklik en in die besonderse saamgestelde tulle romp het sy soos ʼn feëprinses gevoel!

Datum van matriekafskeid?

2023-09-27

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media