Landi-Mari Grobbelaar
Ouderdom
18
Tuisdorp
Centurion
Skool en dorp/stad van skool
Hoërskool Zwartkop, Centurion
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek het van graad 4 af rokke ontwerp, met die gedagte dat een van die ontwerpe my droommatriekafskeidrok sal word. Ek het nooit gedink dit sal 'n werklikheid word nie. Ek het baie rokke aangepas, maar my matriekafskeidrok het 'n gevoel van déjà vu oor my laat spoel. Ek het besef dat my refleksie een van my ontwerpe teruggeweerkaats het. Daarom het my passie gelei na my matriekafskeidrok keuse. Uiteindelik het my droomrok lewe gekry.
My matriekafskeidrok was nie net maande se beplanning nie, dit is 'n asemrowende verlenging van wie ek is, my passie, styl en persoonlikheid, en natuurlik onvergeetlike herinneringe wat vereewig en vir altyd vasgewerk is in die nate van my hart. Ek sal dit altyd met trots en dankbaarheid koester.
