Lana Hyman

Hoerskool Secunda

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Die rok se ontwerp is my eie wat toe verder verfyn is deur ontwerpers en gemaak is deur Wedding Bells Couture. My buitenste laag materiaal is deursigtige rooi net, met goue detail op geborduur in blink "glitter". Die boonste deel van die rok is nie "geline" nie en ek het vleeskleurige "bra cups" daaronder gedra. Die onderste deel van die rok is "geline" met 2 lae sagte rooi materiaal sodat die rok nie deurskyn nie, as 'n eenheid vertoon en sag en vloeiend hang.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek wou graag wegbeweeg van die tipiese matriekafskeidrok patroon en 'n besonderse, unieke ontwerp dra. My inspirasie vir die rok was om met die ontwerp daarvan, gelyktydig 'n kombinasie en toonbeeld te wees van sagte, vloeiende, vroulike lyne; maar ook om 'n treffende, dramatiese en dinamiese voorkoms te verpersoonlik met die rooi kleur.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die boonste deel van die rok was my gunsteling. Die voorkant wat 'n verpersoonliking is van sagte, vloeiende lyne van vrouwees, en die agterkant wat my rug gekomplimenteer en die rok as 'n geheel bymekaar gebring het.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-29

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media