Lachrisha Van Gass
Hoerskool Oos-Moot
Tuisdorp
Montana Park - Pretoria
Skool
Hoerskool Oos-Moot
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Ek het my rok laat maak by n familie vriendin - Tannie Annetjie van Pretoria Noord
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
My droom vir hierdie spesifieke rok het begin in Gr7. Ek het hierdie rok raakgesien op die internet in 2020, en van ek die rok gesien het het ek geweet dis die rok wat ek wil he vir Matriekafskeid. Ek wou graag n rok gehad het wat my as persoon uitbeeld en my anders te laat lyk het, n rok wat my en jou soos n ander mens laat voel het.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
As klein dogtertjie het ek altyd die martiek meisies met hulle Matriekaafskeid rokke bewonder, ek het altyd gese ek gaan die mooiste rok he. Hierdie rok is verseker my droom wat waar geword het, en daarom het my rok soveel sentiment vir my as jong dame vandag.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
My pa het nie een keer met die maak van die rok gesien hoe die rok begin vorm en of hoe hy gaan lyk nie, my ma was die een wat altyd saamgegaan het, sy het elke oomblik baie spesiaal gemaak, my grootste oomblik was toe my pa en kerel my vir die 1ste keer gesien het die dag van my Matriekafskeid, na ek aangetrek het en my hare en makeup gedoen was.
Planne vir na matriek
Ek het n groot passie vir kinders, en daarom gaan ek Onderwys studeer
Gunsteling woord in Afrikaans
Koeksister
Datum van matriekafskeid
2025-10-10