La-Rochelle de Bruin

La-Rochelle de Bruin La-Rochelle de Bruin La-Rochelle de Bruin

Ouderdom

18

Tuisdorp

Phalaborwa

Skool en dorp/stad van skool

Merensky Landbou Akademie Tzaneen

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My inspirasie was om ’n rok te hê wat regtig my persoonlikheid weerspieël en iets wat dadelik sê: dit is ek!
Ek was van die begin af verlief op die idee van ’n blou rok.
Ek het geweet ek wil graag ’n korset-bostuk hê, met ’n pofferige romp vol sagte frille en lae.
Toe ek die dag by die LaLuna Couture Ballito instap en die rok sien, het dit letterlik my drome vasgevang.
Ek het dadelik geweet dit is die een!
Ek wou iets hê wat elegant voel ,maar steeds vroulik is sonder om te veel te wys.
Die rok was alles wat ek in gedagte gehad het en selfs meer.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media