Kyra Cronje
Helpmekaar Kollege
Tuisdorp
Krugersdorp
Skool
Helpmekaar Kollege
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Diaan Daniels Couture
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Van kleins af het ek geweet my matriekafskeidrok gaan blou wees. As kind het ek Cinderella oor en oor gekyk en altyd gewonder hoe daardie oomblik voel wanneer jy jou droomrok aantrek en net wéét: dit is jy. As ek blou dra, voel ek regtig soos my beste self, en hierdie rok gee vir my daardie selfde feëverhaal-oomblik. Die balrok-gevoel van agter, die fyner detail en sprankel voor, en natuurlik die vlindertjies. Die verskillende lae, teksture en detail simboliseer dat daar altyd meer is om in iemand te ontdek – hoe langer jy kyk, hoe meer sien jy.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Vir my is hierdie rok daai kleinmeisie-droom wat waar geword het. Ek het grootgeword en elke jaar die matriek meisies op die rooi tapyt bewonder en geweet: eendag is dit my beurt . My matriekafskeid sou nie volledig gevoel het sonder ’n rok waarop ek opreg verlief is nie – en hierdie is daardie rok.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Die groot hoogtepunt was vir my daai oomblik toe die kar stilhou, ek uitstap en op die rooi tapyt begin loop. Vir ’n paar sekondes voel jy regtig: “Hierdie is my moment.” Ek was trots op my rok, trots om iets te dra wat só na aan my hart is, en dit het my selfvertroue gegee om elke tree te geniet.
Maar wat die aand rêrig spesiaal gemaak het, was om dit saam met my hele graad te beleef. Jy kyk om jou en besef hoe lief jy vir die mense geword het oor die jare. Skielik sien jy nie meer net klasmaats nie, maar elkeen as sy eie mens – uniek, mooi en vol karakter .
Planne vir na matriek
Ek gaan Chemiese Ingeneurswese by die Universiteit van Stellenbosch studeer
Gunsteling woord in Afrikaans
Outentiek
Datum van matriekafskeid
2025-10-04