Kyla Venter
Hoerskool Zwartkop
Tuisdorp
Centurion
Skool
Hoerskool Zwartkop
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
My nommer een rede hoekom die rok so baie betekenis dra vir my is omdat my ouma (76 jaar) dit vir my gemaak het. Sy het na my gekyk en besluit wat die beste vir my sal pas en sy het ń fantastiese werk gedoen daarmee. Hierdie is die laaste spesiale geleentheid rok wat sy ooit sal maak omdat ek die jongste kleinkind is. Dit voeg net by hoe besonders die rok is en hoe sentimenteel dit vir my is.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Ek het dadelik geweet ek soek blomme op my rok want my heel gunsteling plek is die natuur, dit is my weg-breek plek waar ek rustig kan word. Die keuse om my rok ligblou te maak was ń 'no-brainer' gewees omdat dit nog altyd my kleur was en mooi by my oe pas. Jy sien dit as jy na die lug kyk wanneer jy in die natuur is en vir my simboliseer die kleur ń nuwe dag en begin omdat die ligblou kleur so duidelik en mooi is in die oggende. Ek het my grimering minimaal gehou sodat my rok die meeste kan uitstaan en deur dit te doen het die grimering nie my verander nie, ek was nogsteeds myself.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Die rok het n baie spesiale plek in my hart net omdat my ouma dit met liefde gemaak het vir my. Sy het haar alles daarin gesit omdat dit die laaste een is. Die rok wys vir my die liefde wat n ouma het vir haar klein kinders en hoe hulle enige iets vir hulle sal doen.
Die rok beeld my persoonlikheid uit deur om te wys presies waarvan ek hou en wie ek is. Die ligte blou was nog altyd net vir my n simbool van vrede. Dit is n kalm kleur wat wys dat alles in die Here se tyd gebeur en ons moet nie bekommer nie.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
My hoogtepunt van die matriekafskeid was toe ek al my vriendinne sien en hoe hulle , hulle persoonlikhede in hulle rokke uitgebeeld het. Al my vriendinne het anders gelyk en jy kon elke een van hulle in hulle rokke sien. Dit was net vir my ook n hoogtepunt om die oomblik saam so baie spesiale mense te deel en ons laaste skool jaar te groet.
Planne vir na matriek
My passie was nog altyd om met diere te werk en om in die natuur te wees. Die keuse wat ek met my lewe gaan doen na skool is nog n moeilike besluit maar vir nou gaan ek "Industrial Design"gaan studeer. Ek glo dat die Here my gaan gebruik vir waar hy my nodig het. My droom is om eendag op n plaas te bly en elke dag na die kunswerk te kyk wat die Here geskape het
Gunsteling woord in Afrikaans
Koester
Datum van matriekafskeid
2025-10-04