Kyla Jardim

Hoërskool Parys

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok is die perfekte skakering van geel, wat my nie oorheers nie, maar ook nie te lig is nie. My rok se rug is oop met knoopies tot onder op die sleep. My rok het dan ook wit en silwer detail wat al hoe minder raak van bo na onder, dit gee die effek van sneeu of water wat by my rok afdrip. Ek was van die begin af nooit gepla oor wat in die mode is of nie, ek wou graag net n rok dra wat tydloos is en baie “classy “ is, ek wil oor 30 jaar kan terug kyk en steeds dink dat dit die perfekte rok is.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Parys

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het vandat ek n klein dogtertjie was geweet dat ek n geel rok wil dra, so toe die oomblik aanbreek om uiteindelik my eie rok te kan ontwerp , het ek dadelik geweet dat my rok GEEL gaan wees! Geel gee vir my n gevoel van geluk en dit n presies die gevoel wat ek wou uitstraal met my eie geel rok. Ek was bevoorreg genoeg om Tienie Boshoff as ontwerper te hê. Na ek n paar rokke by hom aangepas het , het hy n skets gemaak van alles wat ek wou hê, en dit het my grootste verwagtinge oortref!

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Vir seker die elegante , oop agterkant van my rok , met die knoopies wat afgaan tot op die sleep!

Datum van matriekafskeid?

2024-09-20

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media