Kristine Greyling

Die Hoërskool Menlopark

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok is klassieke A-lyn snit in ‘n sagte pienk kleur met duisende blinkertjies wat in die son- en maanlig glans. Die inryg-rug tesame met die slepie agter het die elegante prentjie perfek afgerond.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het my hele lewe lank al oor ‘n prinses rok vir my matriekafskeid gedroom. Hierdie rok het daardie droom laat waar word. Ek kan ook met sekerheid sê dat my obsessie met Barbie al van ‘n jong ouderdom af beslis my rok keuse beïnvloed het. Ek glo ook vas dat ‘n bietjie blink alles mooier kan maak. In die woorde van Barbie in A Fashion Fairytale “Get your sparkle on”.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

In een woord, ALLES. Elke detail en elke blinkertjie was perfek net soos wat ek daaroor gedroom het.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media