Kristin Leonard
Middelburg Hoërskool
Tuisdorp
Middelburg
Skool
Middelburg Hoërskool
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Madelaine Trollip in Middelburg het my rok ontwerp en gemaak vanaf prentjies wat ek vir haar gewys het. Sy het dadelik verstaan wat ek in gedagte gehad het, sy het al paar keer vir my bal rokke gemaak en was die rok soos die top van die afgelope jare:)
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Die inspirasie agter my matriekafskeidrok was om die elegante en stylvolle gevoel van 'n Sherri Hill rok vas te vang, maar met 'n unieke draai wat my persoonlikheid en die individualiteit weerspieël. Ek volg Sherri Hill op sosiale media, al vandat ek een van ons vorige matrieks een van haar skeppings gesien dra het, en geniet ek die uniekheid van die ontwerpe.
My idee was om die effek te skep van die onlangse valle reeks maar dit te verander om ietwat anders te lyk.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My matriekafskeid rok is presies wat ek in gedagte gehad het, my rok vertel die storie van my Hoërskool loopbaan van al die harde werk wat ek die afgelope 5 jaar ingesit het(was nie maklik om al die valletjies te maak nie). Dit is ook vir my 'n viering van wie ek is en die kosbare herinneringe wat ek vir altyd sal koester.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Die hoogtepunt van die matriekafskeid was die instap oomblikke, die instap na die funksie waar van die onderwysers hul arms afgewaai om ons te groet. Die instap in die saal self om al my vriendinne uitgevat in hul uitrustings te sien en te ervaar hoe spesiaal elkeen van ons gevoel het. Die hele dag was net so spesiaal met 'n tikkie van verlange na my beste vriendinwat nou in Kanada woon, maar haar ondersteuning die hele dag was ook een van die hoogtepunte.
Planne vir na matriek
My plan is om na matriek op NWU te gaan studeer, Bcom Ekonomie met internasionale handel
Gunsteling woord in Afrikaans
Kameelperd
Datum van matriekafskeid
2025-10-03