Klarissa Scheepers

HTS Drostdy

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het my rok laat maak want ek wou dit oorspronklik en uniek aan myself gehad het, dit was vir my belangrik dat my rok my persoonlikheid weerspieël en dus het ek die volgende elemente in my rok in gebring: Ek het drie verskillende materiale gebruik; die champagne satyn is gebruik as die fondasie van die rok om daardie deursigtige effek te gee dan bo dit is daar twee lae “nude” tulle gebruik om struktuur aan die rok te gee. Laastens die idee van die sequin materiaal was om lewe aan die rok te gee en daai “wow” faktor te skep. Ek het die keuse gemaak om die “one-shoulder” te gebruik want dis baie elegant en bring die fokus na my gesig toe. Die weglating van materiaal aan die voorkant is daar om die rok bietjie abstrak en interessant vir die oog te maak.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

HTS Drostdy

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My inspirasie vir my rok het van verskillende plekke af gekom ek wou daai ‘sprokie’ effek inbring (dis waar die sequin materiaal ‘n rol speel). Ek het nog altyd ‘n idee in my kop gehad van hoe my rok moet lyk, my ontwerper het my gehelp om die elemente wat ek wou gehad het in my rok in te bring.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die sequin material was beslis my gunsteling deel gewees, die patroon van die sequin materiaal was soos vlamme gewees om my vlambare persoonlikheid uit te beeld.

Datum van matriekafskeid?

2023-08-18

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media