Kiara Roets

Dr EG Jansen

Ouderdom

18

Tuisdorp

Fishers Hill Germiston

Skool

Dr EG Jansen

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Persoonlike vriendin/kollega Maria Ndlovu

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek het die inspirasie vir die rok op Pinterest raakgesien en dit toe in my eie styl aangepas. Ek het die smaraggroen kleur gekies omdat dit mooi by my velkleur, oë en hare pas. Die styl van die rok is elegant, maar wys steeds van my rug en bene – iets wat ek as my sterkste bates beskou. Dit het perfek my stylvolle, maar tog klassieke persoonlikheid weerspieël. Met net die regte bietjie "attitude" daarby ingebalanseer… presies soos ek daarvan hou.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Ek het op die spesiale gebeurtenis soos ‘n prinses gevoel, my persoonlikheid uitgebeeld, ander geiinspireer en dit was ‘n unieke styl wat by my gelaatstrekke en persoonlikheid pas

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Eerstens die Foto sessie met my geliefdes! Maar die eintlike geleentheid (matriekafskeid funksie self) was ook ‘n kosbare, formele en tog baie lekker afsluiting met my mede matrikulante

Planne vir na matriek

Ek werk reeds by ‘n maatskappy wat sosiale media en “blogs” vir groot maatskappye doen, doen dit van volgende jaar af voltyds. Ek gaan wel ook ‘n fotografie kursus deeltyds doen om ander mense se spesiale oomblikke soos die een vas te vang op kamera! 

Gunsteling woord in Afrikaans

Inderdaad!

Datum van matriekafskeid

2025-10-03

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media