Kiara Louw

Kiara Louw Kiara Louw Kiara Louw

Ouderdom

18

Tuisdorp

Pretoria

Skool en dorp/stad van skool

Hoërskool Garsfontein, Pretoria

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek wou nog altyd ’n goue matriekafskeidrok hê wat blink en sprankel!
(Net soos my ma, hou ek van enigiets wat glinster!)

Ek het gedroom van ’n rok wat stylvol, elegant en tydloos is, maar terselfdertyd ook iets van my persoonlikheid weerspieël.

Ek is van nature vrolik, borrelend en lief vir die lewe, en ek wou graag hê my rok moes daardie sprankel vasvang.

Bo alles wou ek net myself wees en op hierdie spesiale aand die mooiste weergawe van myself voel.

Want elke meisie het haar eie unieke manier van skitter… en hierdie was myne!

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media