Kerry-Anne Beetge

Hoërskool Dr. E.G. Jansen

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Die rok was n besonderse helder rooi kleur wat my aandag dadelik getrek het. Die bokant van die rok was ń prinses-styl en het n laag kant oor gehad wat agter met ń korset vas gemaak het. Die kant was met steentjies versier. Die onderkant het ń Cinderella-effek gehad met ń gleuf (slit) op my regter been. Die onderkant het ń laag tule oor gehad wat ook met steentjies versier was.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja, Hoërskool Dr. E.G. Jansen

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My grootste droom vir my matriekafskeid was om soos ń ware prinses te lyk. Ek is baie lief vir "bling" en wou graag dit deur my rok uitbeeld. Na vele rokke wat ek aangepas het, het hierdie besonderse rok my soos ń ware prinses laat voel. Die feit dat dit my my soos ń handskoen gepas het en vol blink steentjies was, het my besluit op die pragtige rok verseël.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van die rok is ALLES! Die hele rok was perfek en ek sou niks aan hom verander het nie. Vandat ek klein was, wou ek altyd soos ń prinses lyk, en die rok het daardie droom bewaarheid. Klein Kerry-Anne sou beslis Baie trots gewees het as sy my rok sou kon sien.

Datum van matriekafskeid?

2023-10-19

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media