Keisha Moore

Curro Durbanville

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse


Skool se matriekafskeid bygewoon?

Curro Durbanville

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het inspirasie geput uit die natuur se rustigheid en die ryk groen kleure wat lewe simboliseer. Ek wou hê my rok moes iets weerspieël van wie ek is: rustig, maar sterk; stylvol, maar eg. Die rustic vintage gevoel van die ontwerp herinner my aan iets klassiek en romanties, amper soos ’n moderne weergawe van ou wêreldse glans. Ek het ook die kleur gekies omdat dit die groen in my oë laat uitstaan, en my herinner aan groei, balans en nuwe beginne.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel is beslis die lae oop rug, dit gee die rok ’n subtiele, elegante gesofistikeerdheid sonder om oordadig te wees. Ek love ook hoe gemaklik dit is; ek kon vrylik beweeg, dans en lag sonder om te worry dat enigiets sal gly of wys. Dit het my laat mooi, selfversekerd en gemaklik voel in my eie vel. Die feit dat die rok handgemaak is, maak dit nog meer spesiaal; dit dra ’n stuk van iemand se tyd, liefde en kuns, net soos my matriekjaar self.

Datum van matriekafskeid?

2025-09-25

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media