‘n Koninklike styl. Omdat dit ons laaste jaar was van skool en ons grootste jaar,het ek gevoel om die jaar af te sluit met ‘n hoogtepunt. Die rok se kleur keuse was a.g.v my haar kleur, ek wou gehad het dit moes pas. Die elegante “emerald” groen kleur was die perfekte kleur wat by my koper hare pas asook die rok se styl.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
‘n Weerspeeling van hoe ek op die aand wou voel. Elegant, selfvertroud en die oorwinnings wat ek behaal het. Dit merk die einde van ‘n fase in my lewe en die begin van ‘n nuwe een. Die rok verteenwoordig ‘n nuwe begin van volwassenheid.