Keira Truter
Duo Edu Senior Onafhanklike Skool
Tuisdorp
Rayton
Skool
Duo Edu Senior Onafhanklike Skool
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Tannie Liesel Van Vuuren, ‘n vrienden van my se ma. Sy is ‘n modeontwerper en haar besigheid se naam is Liesel’s Creations.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
‘n Koninklike styl. Omdat dit ons laaste jaar was van skool en ons grootste jaar,het ek gevoel om die jaar af te sluit met ‘n hoogtepunt. Die rok se kleur keuse was a.g.v my haar kleur, ek wou gehad het dit moes pas. Die elegante “emerald” groen kleur was die perfekte kleur wat by my koper hare pas asook die rok se styl.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
‘n Weerspeeling van hoe ek op die aand wou voel. Elegant, selfvertroud en die oorwinnings wat ek behaal het. Dit merk die einde van ‘n fase in my lewe en die begin van ‘n nuwe een. Die rok verteenwoordig ‘n nuwe begin van volwassenheid.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Toe ek al my medematriekulante in hul elegante rokke en pakke gesien het. Asook ons eerste dans saam met ons vriende en die onderwysers.
Planne vir na matriek
Ek wil graag op ‘n superjag (superyacht) gaan werk.
Gunsteling woord in Afrikaans
Skaterlag
Datum van matriekafskeid
2025-10-02