Keira Ackermann

Hoërskool Waterkloof

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Toe ek aanvanklik rokke aangepas het was ek nog nie 100% seker watter styl of kleur ek verkies nie. Maar toe ek die eerste keer hierdie rok aanpas het ek dadelik geweet dit is my rok - die feit dat die rok sakke gehad het was 'n bonus. Die rok se styl het by my gepas en baie vleiend. Die plum kleur het perfek by my haar kleur en vel gepas en ek het geweet ek wil 'n vol rok hê met net genoeg bling om in die aand uit te staan. Ek is baie meer gemaklik in my perdry kleure so rokke is nie gereeld deel van my klerekas nie, so die rok was gemaklik en alles het net reg gevoel.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja - Hoërskool Waterkloof

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek wou op my matriekafskeid soos 'n Disney prinses voel as ek dans en in die rondte draai en my rok het dit alles vir my gegee met net genoeg klein detail op die bolyf en die mooi kant aan die onderkant wat die rok op sy beste laat vertoon.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die fyn krale oral oor die rok wat dit laat glinster as jy beweeg het my oog getrek. En al lyk dit dalk nie so nie kon ek baie vrylik beweeg in my rok. Die plum kleur pas perfek by my donker hare en die elegante styl van my rok het my soos die Prinses laat voel wat ek graag wou ervaar. Te danke aan die sakke in my rok was dit nie nodig om 'n ekstra sakke die aand rond te dra nie wat die lewe sommer baie vergemaklik

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media