Kaylin van Wyk

Rustenburg Hoërskool

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My ma sê die rok is ek, gewoon met net die regte hoeveelheid "Pazzazz" om mense twee keer te laat kyk. Willem Terblanche Couture het met die skepping verseker gesorg dat die rok n tweede kyk verdien.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Rustenburg Hoërskool

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Die inspirasie was van 'n rok wat my twee keer laat kyk het. Die rok het die vroulike kurwes beklemtoon sonder om styf te sit. Die uitbene van die korset was nie gewoon reg af nie, die V-vorm beklemtoon die middel. Die koppies by die borste was vleiend maar nie verleiend nie. Die rok was los, lig en vloeiend. Die kleur en materiaal wat ek gekies het was n algemene ligblou maar die grys onderlaag het n antieke diepte gegee. Die gebroke mosaïek patroon van die blinkers was vir my ideaal vir hierdie rok. Die bandjies het net die regte hoeveelheid "bling" gehad, die lang lengte van die rok was elegant en die slit voor het die nodige "flare" aan die rok gegee.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

behalwe vir die laat middag sonlig wat tydens die Matriekloop my rok n geheimsinnige deursigtiheid gegee het, het die rok my goed en mooi laat voel. Sy het n persoonlikheid van haar eie gehad, ek het kort-kort iets nuut aan die rok ontdek.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media