Kaylin Holland

Hoërskool Waterkloof

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het min tot geen meisies gesien wat wye rokke, in vorige matriekafskeide, dra nie. 'n Rok wat jou werklik soos 'n prinses laat lyk. Dìt is die tipe rok wat ek wou gehad het. Ek wou uitstaan, maar ek wou ook gehad het dat die rok my persoonlikheid moes uitbeeld. Gesofistikeerde en saggeaarde old-soul met 'n free spirit.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Waterkloof

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het in graad 8 'n soortgelyke rok, op Pinterest, gesien. Daar en dan het ek geweet dit is die rok vir my!! My keuse het deur die jare nooit verander nie. Dit was 'n voorreg gewees om my droomrok te sien vorm aanneem en te kon voel soos 'n ware prinses.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die kontras tussen die donker en die lig. Die pale pienk in vergelyking met die pers na swart na muave ombre. En, natuurlik, die vintage gevoel daarvan: die wye rok, die sagte moue van my skouers af, die lang slee en die vloei van die rok wanneer ek beweeg het.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media