Kaylie Herbst
Ouderdom
18
Tuisdorp
Durbanville
Skool en dorp/stad van skool
Hoër Meisieskool Bloemhof, Stellenbosch
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My ma het self 'n seegroen rok gedra vir haar matriekafskeid. Dit was spesiaal om die kleur van ons rokke te kon deel. Pêrels is iets wat baie spesiaal is in Bloemhof. Ons is een van min skole wat pêreloorbelle deel van hulle uniform toelaat en ons het 'n pêrelhangertjieseremonie waar die matrieks wat met 'n A-gemiddeld geslaag het 'n pêrelhangertjie ontvang. Die hele skool word hierdie byeenkoms jaarliks by. Ek hoor jaar na jaar dat die pêrel uniek is omdat dit begin as 'n sandkorreltjie vasgevang in 'n oester wat dan laag vir laag opgebou word. Elke een uniek. Pêrels absorbeer nie net lig nie, die lae is so presies gevorm dat ligstrale tussen die lae kan bons. Die botsings is wat vir pêrels die reënbooggloeisel gee.
